‘n Bietjie oor Ons

‘n Klein bietjie meer inligting

oor die Droom Skool platform

 

Die Droom Skool platform is ‘n platform wat geskep was net voor die COVID-19 verklaar was as ‘n nationale krisis en Suid-Afrika onder totale toesluit geplaas was. Hierdie platform was geskep met die gedagte dat ons land se kinders in hierdie moeilike tyd geen onderrig gaan ontvang as hul geïsoleer word en tuis moet bly nie. Ons kinders het nodig om te ontwikkel en kennis op te bou om hul skool loopbane te kan voltooi tenspyte van die situasie waarin ons geplaas is.

Daarmee gesê is die platform dan veral met die oog op skole gemik om die onderwysers van elke skool wat die Droom Skool platform gebruik in staat te stel om steeds klas te kan gee met die gebruik van die funksies wat die Droom Skool platform bied. Lesse kan in die vorm van Videos, interaktiewe lesse (klik hier en klik daar), pdf lesse en werkkaarte sowel as lewendige stroom dienste (“live streaming”) aangebied word.

Skole kan die platform gebruik om hul eie kinders verder op te voed en geleenthede te gee om onderrig te ontvang in enige omstadighede wat die lewe van vandag mag inhou.

Kinders kry steeds opvoeding van die onderwysers wat hy of sy daagliks voor in die klas sien staan en by naam ken. Die onderrig wat gebied word is totaal en al afhanklik van elke skool se kurrikulum en leerplanne. Dit is dus elke onderwyser se verantwoordelikheid om steeds gehalte onderrig te bied deur gebruik te maak van enige en of al die funksies wat die Droom Skool platform bied. Alle vakke kan aangebied word van Afrikaans tot Wetenskap.

Kontak ons gerus en laat ons toe om jou skool te help om drome te laat waar word met die Droom Skool platform.

Ons Visie

is om Suid-afrikaanse skole en kinders ‘n tegnologiese platform te bied om gehalte onderwys moontlik te maak

Ons Misie

is om ‘n opvoedkundige rol te speel in kinders se lewe sodat hul selfstandigheid en selfdissipline kan aanleer